





*** Vir Vakansiepret - 3 April 2012 ***
Kinders, kom wees kreatief by Karen se Kruie se Teetuin.
Ons gaan mosaiek doen!
As jy nie weet hoe nie, is dit die ideale geleentheid om te leer! Dit beloof om 'n besonderse ervaring te wees. Leer & speel in 'n veilige omgewing.
Ons spring 09:00 weg, en die teetuin is oop tot 13:00 die middag, ten einde seker te maak dat elkeen sy kunswerk met liefde kan voltooi.
Koste is R250 per kind. Dit sluit in volle toesig, alle benodigdhede, vrugtesap, asook ‘n smullekker wafel.
Let asb daarop dat hierdie dae is gemik op kinders van ouderdom ouer as 7 jaar.
Bespreek vroegtydig aangesien getalle beperk word!